Johannes III Doukas Vatatzes

Johannes III Doukas Vatatzes
Keiser van die Romeine
(aanspraakmaker)
Johannes III, uit ’n manuskrip van die 15de eeu.
Johannes III, uit ’n manuskrip van die 15de eeu.
Titel Keiser van Nicea
(aanspraakmaker: Bisantynse keiser)
Bewind 15 Desember 1222
3 November 1254
Voorganger Theodorus I Laskaris
Opvolger Theodorus II Laskaris
Gebore Omstreeks 1193
Oorlede 3 November 1254
Dinastie Laskaris
Vader Basileios Vatatzes
Moeder 'n Dogter van Isak Angelos Doukas, oom van keiser Isak II Angelos
Vrou Irene Laskarina
Anna van Hohenstaufen
Naam as heilige Johannes die Genadige
Feesdag 4 November

Johannes III Doukas Vatatzes (Grieks: Ιωάννης Γ΄ Δούκας Βατάτζης, Iōannēs III Doukas Vatatzēs; omstreeks 1193 - 3 November 1254) was van 1222 tot 1254 keiser van die Niceense Ryk.

Hy was ’n suksesvolle soldaat uit ’n militêre familie en is omstreeks 1216 deur keiser Theodorus I Laskaris gekies as die tweede man van sy dogter, Irene Laskarina, en erfgenaam van die troon ná die dood van haar eerste man, Andronikos Palaiologos. Hierdie reëling het lede van die Laskaris-familie van die troonopvolging uitgesluit en toe Johannes III in Desember 1221 keiser word,[1] moes hy teenstand teen sy bewind onderdruk. Die stryd het in 1224 geëindig toe hy sy teenstanders verslaan het ondanks steun van die Latynse Ryk van Konstantinopel.

  1. George Akropolites. The History. Vert. Ruth Macrides. New York: Oxford University Press, 2007, p. 160.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search